1 Chronicles 9:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Al hierdie wat gekies is om poortwagters in die poorte te wees, was twee honderd en twaalf. Hulle is volgens hulle geslagsregister in hulle dorpe gereken, wat Dawid en die siener Samuel in hulle vaste amp aangestel het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Altesame was daar 212 poortwagters in daardie dae, en hulle name is almal in geslagsregisters in hulle dorpe opgeteken. Dawid en die siener Samuel het hulle voorouers aangestel omdat hulle betroubare manne was. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle almal wat as drumpelwagters uitgesoek was, was twee honderd en twaalf; hulle is in hul dorpe in die geslagsregister opgeneem. Dawid en die siener Samuel het hulle in hul ampsplig bevestig. |
| Afrikaans 1983 | Dié wat as poortwagte uitgesoek is, was altesaam twee honderd en twaalf. Hulle is in die register opgeneem volgens hulle nedersettings. Dit is hulle wat nog deur Dawid en die siener Samuel in hulle amp benoem was. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle almal, 212, was as uitgesoektes poortwagte by die drumpels. Hulle is by hulle dorpies in hulle geslagsregister opgeteken. In hulle geval het Dawid en die siener Samuel hulle in hulle vertrouensposisie aangestel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die beste manne, die wagte by die poorte en by die deure was almal saam 212. Hulle name is geskryf in die naamlys op die plekke waar hulle gewoon het. Dawid en die siener Samuel het hulle gekies en aangestel om die werk te doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar is 212 mense as poortwagte gekies. Hulle name is volgens hulle woonplekke in die register neergeskryf. Dawid en Samuel, die siener, het hulle nog in hulle poste aangestel. |