1 Chronicles 9:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Sallum, die seun van Kore, die seun van Ebjasaf, die seun van Korag, en sy broers, uit die huis van sy vader, die Koragiete, was oor die dienswerk, wagters van die poorte van die tabernakel, en hulle vaders, wat oor die leër van die HERE was, was bewakers van die ingang.
Afrikaans (NLV) 2011 Sallum was die seun van Kore, ’n afstammeling van Abiasaf, van die Koraggroep. Hy en sy familie, die Koragiete, was verantwoordelik om die ingang na die heiligdom te beskerm, net soos hulle voorouers die tabernakel in die kamp van die Here beskerm het.
Afrikaans 1933/1953 En Sallum, die seun van Kore, die seun van Ébjasaf, die seun van Korag, en sy broers uit sy familie, die Koragiete, was oor die dienswerk, as drumpelwagters van die tent, omdat hulle vaders by die laer van die HERE die ingang bewaak het.
Afrikaans 1983 Sallum seun van Kore, seun van Abiasaf, seun van Korag, en sy verwante uit sy familie die Koragiete was verantwoordelik vir die dienswerk van die drumpelwagte by die tent, net soos hulle vaders wagte was by die ingang tot die kamp van die volk van die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sallum, seun van Kore, seun van Ebjasaf, seun van Korag, en sy stamgenote aan vaderskant, die Koragiete, moes as drumpelwagte toesig hou oor die dienswerk by die tent. Hulle voorvaders moes as bewakers van die ingang toesig hou oor die kamp van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was ook Sallum seun van Kore seun van Ebjasaf seun van Korag, en sy familie. Die Korag-familie se werk was om wag te staan by die deure van die tent. Hulle voorvaders was wagte by die ingang van die kamp van die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sallum was die seun van Kore, seun van Abiasaf, seun van Korag. Die mense uit die Koragietefamilie was die drumpelwagte by die tentheiligdom. Dit is dieselfde werk wat hulle voorouers in die woestyn by die ingang tot die kamp van die volk van die Here gedoen het.