1 Chronicles 9:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle broers, hoofde van die huis van hulle vaders, duisend sewe honderd en sestig; baie bekwame manne vir die dienswerk van die huis van God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Altesame 1 760 priesters het teruggekom. Hulle was leiers van families en bekwame manne. Hulle was verantwoordelik om in die huis van God te dien. |
| Afrikaans 1933/1953 | en hulle broers, hoofde van hulle families, sewentien honderd en sestig, dapper manne in die dienswerk van die huis van God; |
| Afrikaans 1983 | Hulle stamgenote, die hoofde van hulle families, was een duisend sewe honderd en sestig. Hulle was bekwame lede van die personeel vir die tempeldiens. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle stamgenote, die hoofde van hulle families, was 1 760 – bekwame manne vir die dienswerk in die huis van God. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was ook hulle ander familie, die hoofde van families. Hulle was almal saam 1 760 priesters. Hulle was belangrike manne wat die werk in die tempel kon doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle stamgenote, hoofde van hulle families, was 1 760. Hulle was bekwame mense wat in die tempel gewerk het. |