1 Chronicles 9:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So is die hele Israel dan volgens geslagsregisters gereken; en kyk, hulle is beskrywe in die boek van die konings van Israel en Juda, wat weens hulle oortreding na Babel weggevoer is.
Afrikaans (NLV) 2011 Die hele Israel se name is in geslagsregisters opgeskryf in Die boek van die konings van Israel. Die mense van Juda is in ballingskap na Babel weggevoer omdat hulle ontrou aan die Here was.
Afrikaans 1933/1953 En die hele Israel is in geslagsregisters opgeneem, en kyk, hulle is opgeskrywe in die boek van die konings van Israel. En die mense van Juda is in ballingskap na Babel weggevoer vanweë hulle ontrou.
Afrikaans 1983 Die hele Israel is in registers opgeneem. Hulle name staan opgeteken in die annale van die konings van Israel. Die Judeërs is na Babel toe weggevoer oor hulle troubreuk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die hele Israel is in geslagsregisters opgeskryf. Kyk, hulle is opgeteken in die boekrol van die konings van Israel en Juda. Juda is na Babilonië weggevoer oor hulle ontrou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die Israeliete se name is geskryf in die naamlys, in die boek oor die konings van Israel. Die mense van Juda het gevangenes in die land Babel geword omdat hulle ontrou was aan die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die hele Israel is geregistreer. Hulle name is in Die boek van die konings van Israel opgeskryf. Die mense van Juda is na Babel toe weggevoer omdat hulle ongelowig was.