1 Chronicles 8:40 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die seuns van Ulam was dapper helde, boogskutters en het baie seuns gehad en seuns, honderd-en-vyftig. Hulle almal is uit die seuns van Benjamin.
Afrikaans (NLV) 2011 Die seuns van Ulam was almal vaardige soldate en ervare boogskutters. Hulle het baie kinders en kindskinders gehad, 150 in totaal. Hulle was almal afstammelinge van Benjamin.
Afrikaans 1933/1953 En die seuns van Ulam was manne, dapper helde wat die boog gespan het, en hulle het baie kinders en kindskinders gehad, honderd en vyftig. Hulle was almal uit die seuns van Benjamin.
Afrikaans 1983 Die seuns van Ulam was strydbare manne en boogskutters. Hulle het baie kinders en kleinkinders gehad, honderd en vyftig altesaam. Al hierdie mense was afstammelinge van Benjamin.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ulam se seuns was manne, dapper krygers wat 'n boog kon span. Hulle het baie kinders en kleinkinders gehad, honderd-en-vyftig. Hulle almal was van die nageslag van Benjamin.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die seuns van Ulam was belangrike manne. Hulle het met pyl en boog geskiet. Hulle het baie kinders en kleinkinders gehad, daar was 150 kinders en kleinkinders. Al hierdie mense was van die nageslag van Benjamin.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ulam se seuns was goeie soldate, spesialisboogskutters. Hulle het altesaam 150 kinders en kleinkinders gehad. Hulle was almal Benjamin se nageslag.