1 Chronicles 8:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ook Bería en Sema, wat familiehoofde was van die inwoners van Ajalon, wat die inwoners van Gat verdryf het.
Afrikaans (NLV) 2011 asook Beria en Sema. Hulle was die leiers van families wat in Ajalon gebly het en die inwoners van Gat verjaag het.
Afrikaans 1933/1953 en Bería en Sema; hulle was hoofde van families van die inwoners van Ajalon; hulle het die inwoners van Gat verjaag;
Afrikaans 1983 Verder was daar nog Beria en Sema. Hulle was familiehoofde van die inwoners van Ajalon en dit was hulle wat die inwoners van Gat op die vlug gejaag het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Beria en Sema was ook sy seuns. Hulle was die familiehoofde van die inwoners van Ajalon. Dit is hulle wat die inwoners van Gat laat vlug het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Beria en Sema was die familiehoofde van die mense wat in die stad Ajalon gewoon het. Hulle het die mense weggejaag wat in die stad Gat gewoon het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Beria en Sema was familiehoofde van die inwoners van Ajalon. Dit was hulle wat die mense van Gat op die vlug gejaag het.