1 Chronicles 7:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die seuns van Bela; Esbon en Ussi en Ussiël en Jerimot en Iri, vyf; hoofde van die huis van hulle vaders, dapper helde; en volgens hulle geslagsregisters is hulle gereken twee en twintig duisend vier en dertig.
Afrikaans (NLV) 2011 Die seuns van Bela was Esbon, Ussi, Ussiël, Jerimot en Iri. Hierdie vyf soldate was die leiers van families. Die totale aantal manne wat vir militêre diens beskikbaar was, was 22 034. Almal van hulle se name is opgeteken in hulle geslagsregister.
Afrikaans 1933/1953 En die seuns van Bela was: Esbon en Ussi en Ussiël en Jérimot en Iri, vyf hoofde van families, dapper helde; en hulle geslagsregister het getel: twee en twintig duisend vier en dertig.
Afrikaans 1983 Die vyf seuns van Bela was Esbon, Ussi, Ussiël, Jerimot en Iri. Hulle was die familiehoofde en strydbare manne. In die register is van hulle twee en twintig duisend vier en dertig opgeneem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Bela se seuns was Esbon, Ussi, Ussiël, Jerimot en Iri, 5 familiehoofde, dapper krygers. Volgens hulle geslagsregister was hulle 22 034 man.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Bela het vyf seuns gehad: Esbon, Ussi, Ussiël, Jerimot en Iri. Hulle was familiehoofde en hulle was belangrike manne. Hierdie familie was 22 034 manne, en hulle name is geskryf in die naamlys van die Benjamin-stam.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Bela se vyf seuns was Esbon, Ussi, Ussiël, Jerimot en Iri. Elkeen was ’n familiehoof en hulle was dapper soldate. Uit hulle nageslag is 22 034 soldate geregistreer.