1 Chronicles 7:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle broers, onder al die geslagte van Issaskar, was dapper helde, altesaam volgens hulle geslagsregisters sewe en tagtig duisend.
Afrikaans (NLV) 2011 Die totale aantal manne wat beskikbaar was vir militêre diens van al die families van Issaskar was 87 000.
Afrikaans 1933/1953 En hulle broers, van al die geslagte van Issaskar, dapper helde: sewe en tagtig duisend tel hulle geslagsregister in sy geheel.
Afrikaans 1983 Hulle stamgenote in al die Issaskargeslagte was sewe en tagtig duisend strydbare manne, almal in die register opgeneem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle stamgenote, al die familiegroepe van Issaskar, was altesaam 87 000 dapper krygers, volgens hulle geslagsregister.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die ander manne van die nageslag van Issaskar was ook belangrike manne. Hulle was 87 000 manne, en hulle name is geskryf in die naamlys van die Issaskar-stam.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle stamgenote in die res van die Issaskarstam was 87 000 soldate, wat almal geregistreer was.