1 Chronicles 7:40 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle almal was die kinders van Aser, hoofde van hulle vader se huis, uitgesoekte en dapper helde, hoofde van die vorste. En die getal in die geslagsregister van die wat geskik was vir oorlog en oorlog was ses en twintig duisend man.
Afrikaans (NLV) 2011 Elkeen van hierdie afstammelinge van Aser was die leier van ’n familiegroep. Hulle was ook almal vaardige soldate en prominente leiers. Daar was 26 000 manne wat vir militêre diens beskikbaar was tussen hulle afstammelinge wat in die geslagsregister opgeteken is.
Afrikaans 1933/1953 Hulle almal was seuns van Aser, hoofde van families, uitgesoekte dapper helde, hoofde van die vorste; en hulle geslagsregister het betrekking gehad op diens in die oorlog; hulle aantal was ses en twintig duisend man.
Afrikaans 1983 Hulle was almal afstammelinge van Aser, familiehoofde, uitgelese strydbare manne, vorstelike leiers. Hulle is in die register opgeneem vir aktiewe oorlogsdiens. Hulle was ses en twintig duisend man.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle almal was Aser se nageslag: familiehoofde, uitgelese, dapper krygers, hoofde van leiers. Volgens hulle geslagsregister, met die oog op die leër in oorlogstyd, was hulle getal 26 000 man.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al hierdie mense was afstammelinge van Aser. Hulle was die beste manne, familiehoofde, belangrike manne, en leiers. Hulle name is geskryf in die naamlys van die Aser-stam. Hulle was 26 000 manne en hulle kon oorlog maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Elkeen van die afstammelinge van Aser was familiehoofde. Hulle was almal leiers en dapper soldate. Uit hulle nageslag is 26 000 soldate geregistreer.