1 Chronicles 7:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En by hulle, volgens hulle geslagte, volgens die huis van hulle vaders, was bende soldate vir oorlog, ses en dertig duisend man, want hulle het baie vroue en seuns gehad. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Tussen hulle afstammelinge was 36 000 beskikbaar vir militêre diens, want al vyf van hulle het baie vroue en kinders gehad. |
| Afrikaans 1933/1953 | En by hulle, volgens hulle afstamming, volgens hulle families, was die afdelings krygsmanne: ses en dertig duisend; want hulle het baie vroue en kinders gehad. |
| Afrikaans 1983 | Daar was naas hulle ook nog volgens hulle familiestamboom leërafdelings van ses en dertig duisend altesaam. Hulle het baie vrouens en kinders gehad. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As deel van hulle, van hulle families, was daar, volgens hulle familiegeskiedenis, vir gevegte 'n troepemag van 36 000, want hulle het baie vroue en kinders gehad. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mans in hierdie families het baie vroue en kinders gehad. Daarom kon 36 000 manne van die nageslag van Ussi soldate word. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle was verantwoordelik vir gevegskompanies met ’n totaal van 36 000 soldate, want hulle het baie vroue en kinders gehad. |