1 Chronicles 7:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En naas die gebied van die kinders van Manasse, Betsean met sy onderhorige plekke, Taänag met sy onderhorige plekke, Megiddo met sy onderhorige plekke, Dor met sy onderhorige plekke. Hierin het die kinders van Josef, die seun van Israel, gewoon.
Afrikaans (NLV) 2011 Langs die grens van Manasse was die stede van Bet-San, Taänak, Megiddo en Dor, almal met hulle omliggende dorpies. Die afstammelinge van Josef, die seun van Israel, het hier gewoon.
Afrikaans 1933/1953 En onder die bestuur van die seuns van Manasse was Bet-Séan met sy onderhorige plekke, Táänag met sy onderhorige plekke, Megíddo met sy onderhorige plekke, Dor met sy onderhorige plekke. Hierin het die seuns van Josef, die seun van Israel, gewoon.
Afrikaans 1983 In besit van Manasse was Bet-San, Taänak, Megiddo en Dor, elkeen met sy dorpies. In dié plekke het die nageslag van Josef seun van Israel gewoon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Onder beheer van Manasse se nageslag was Bet-San met sy omliggende dorpies, Taänag met sy omliggende dorpies, Megiddo met sy omliggende dorpies, en Dor met sy omliggende dorpies. Dit is waar die nageslag van Josef, seun van Israel, gewoon het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense van Manasse het in die stede Bet-San, Taänak, Megiddo en Dor en in die dorpe daar naby gewoon. Dit is waar die nageslag van Josef seun van Israel gewoon het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Manasse se nageslag het Bet-San, Taänak, Megiddo en Dor, elkeen met sy dorpies, besit. Dit is plekke waar Josef, die seun van Israel, se nageslag gewoon het.