1 Chronicles 7:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle besittings en woonplekke was: Bet-el en sy onderhorige plekke, en teen Naaran en teen die weste van Geser met sy onderhorige plekke; Ook Sigem met sy onderhorige plekke, tot by Gasa met sy onderhorige plekke;
Afrikaans (NLV) 2011 Die afstammelinge van Efraim het in die grondgebied gebly wat Bet-El met sy omliggende dorpies na die suide ingesluit het: Naära na die ooste, Geser met sy omliggende dorpies na die weste, en Sigem met sy omliggende dorpies na die noorde tot so ver as Aja met sy dorpies.
Afrikaans 1933/1953 En hulle besitting en hulle woonplekke was Bet-el met sy onderhorige plekke; en teen die ooste Náäran, en teen die weste Geser met sy onderhorige plekke; en Sigem met sy onderhorige plekke tot by Ajja met sy onderhorige plekke.
Afrikaans 1983 Die gebied wat hulle besit en bewoon het, was Bet-El met die dorpies rondom hom, na die ooste toe Naära, na die weste toe Geser met die dorpies rondom hom, en verder Sigem met die dorpies rondom hom tot by Aja met sy dorpies.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle grondgebied en woonplekke was Bet-El, met sy omliggende dorpies, na die ooste toe Naäran, en na die weste toe Geser, met hulle omliggende dorpies, asook Sigem, met sy omliggende dorpies, tot by Aja, met sy omliggende dorpies.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die plekke waar hulle gewoon het, was die stad Bet-El en die dorpe daar naby, en die stad Naäran by die oostekant, die stad Geser en die dorpe daar naby by die westekant, die stad Sigem en die dorpe daar naby tot by die stad Aja en die dorpe daar naby.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Efraim se nageslag het ’n gebied bewoon wat Bet-El in die suide, Naära in die ooste, Geser in die weste, Sigem in die noorde, tot by Aja, elkeen met hulle dorpies, ingesluit het.