1 Chronicles 7:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hy by sy vrou ingaan, het sy swanger geword en 'n seun gebaar, en hy het hom Bería genoem, omdat dit sleg gegaan het met sy huis. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna het Efraim by sy vrou geslaap, en sy het swanger geword en geboorte aan ’n seun gegee. Efraim het hom Beria genoem as gevolg van die tragedie wat die familie getref het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarna het hy by sy vrou ingegaan, en sy het swanger geword en 'n seun gebaar; en hy het hom Bería genoem, omdat dit tydens 'n onheil in sy huis gebeur het. |
| Afrikaans 1983 | Toe hy daarna met sy vrou gemeenskap gehad het, het sy swanger geword en 'n seun gekry. Hy het hom Beria genoem, omdat dit gebeur het toe daar 'n swaar tyd in sy huis was. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het met sy vrou omgang gehad, sy het swanger geword en 'n seun in die wêreld gebring. Hy het hom Beria genoem, want dit het gebeur tydens 'n ramp in sy huis. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna het Efraim en sy vrou nog 'n seun gekry, en hy het die seun Beria genoem omdat hy hartseer was oor wat in sy huisgesin gebeur het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna het hy en sy vrou weer ’n seun gehad. Hy het hom Beria genoem, omdat hy gebore is in ’n tyd toe teëspoed hulle huis getref het. |