1 Chronicles 7:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | en sy seun Sabad en sy seun Sutela en Eser en Elead wat die manne van Gat wat in daardie land gebore is, doodgemaak het, omdat hulle afgekom het om hulle vee weg te neem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sabad en Sutelag. Efraim se seuns Eser en Elad het probeer om vee van die boere naby Gat te steel toe hulle doodgemaak is. |
| Afrikaans 1933/1953 | en sy seun Sabad, en sy seun Sútelag en Eser en Élead; en die manne van Gat wat in die land gebore was, het hulle gedood, omdat húlle afgetrek het om hulle vee te neem. |
| Afrikaans 1983 | sý seun Sabad en sý seun Sutelag. Daar was ook nog Eser en Elad, maar hulle is deur die mense van Gat wat van geboorte af in die Efraimitiese gebied was, doodgemaak. Dit het gebeur toe hulle die mense van Gat se vee gaan steel het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | dié se seun Sabad en dié se seun Sutelag. Wat Eser en Elad betref: Die mense van Gat wat in die land gebore is, het hulle doodgemaak omdat hulle afgetrek het om die mense se vee te vat. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Tagat was die pa van Sabad, Sabad was die pa van Sutelag. Efraim het nog twee seuns gehad, maar die mense van die stad Gat wat in die land gebore is, het die twee seuns doodgemaak omdat hulle die mense van Gat se skape en bokke gaan steel het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | sy seun Sabad en sy seun Sutelag. Hy het nog twee seuns, Eser en Elad, gehad. Hulle is egter doodgemaak toe hulle van die oorspronklike inwoners van Gat se vee probeer steel het. |