1 Chronicles 7:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die seuns van Tola; Ussi en Refaja en Jeriël en Jagmai en Jibsam en Semuel, hoofde van hulle familie, naamlik van Tola; hulle was dapper helde in hulle geslagte; wie se getal was in die dae van Dawid twee en twintig duisend ses honderd.
Afrikaans (NLV) 2011 Die seuns van Tola was Ussi, Refaja, Jeriël, Jagmai, Jibsam en Samuel. Elkeen van hulle was ’n leier van hulle familie. Teen die tyd van koning Dawid was 22 600 manne vir militêre diens beskikbaar uit dié families.
Afrikaans 1933/1953 En die seuns van Tola was: Ussi en Refája en Jériël en Jágmai en Jibsam en Samuel, hoofde van hulle families, van Tola, dapper helde. Volgens hulle afstamming was hulle aantal in die dae van Dawid twee en twintig duisend ses honderd.
Afrikaans 1983 Die seuns van Tola was Ussi, Refaja, Jeriël, Jagmai, Jibsam en Samuel. Volgens die stamboom was hulle familiehoofde van Tola, en hulle was strydbare manne. In Dawid se tyd was die getal van die geslag twee en twintig duisend ses honderd.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Tola se seuns was Ussi, Refaja, Jeriël, Jagmai, Jibsam en Samuel. Hulle was hoofde van hulle families vir die Tola-groep, dapper krygers, volgens hulle familiegeskiedenis. Hulle getal in die tyd van Dawid was 22 600.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die seuns van Tola was Ussi, Refaja, Jeriël, Jagmai, Jibsam en Samuel. Hulle was die hoofde van die Tola-families en hulle was belangrike manne. In die tyd toe Dawid regeer het, was daar 22 600 afstammelinge van Tola.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Tola se seuns was Ussi, Refaja, Jeriël, Jagmai, Jibsam en Samuel. Elkeen van hulle was ’n familiehoof van afkoms en hulle was dapper soldate. Hulle was in Dawid se tyd 22 600 mense sterk.