1 Chronicles 7:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maäga, die vrou van Magir, het 'n seun gebaar, en sy het hom Peres genoem; en die naam van sy broer was Seres; en sy seuns was Ulam en Rakem.
Afrikaans (NLV) 2011 Makir se vrou Maäka het ’n seun gehad wat sy Peres genoem het. Sy broer se naam was Seres. Die seuns van Peres was Ulam en Rekem.
Afrikaans 1933/1953 En Máäga, die vrou van Magir, het 'n seun gebaar, en sy het hom Peres genoem; en die naam van sy broer was Seres, en sy seuns was Ulam en Rekem.
Afrikaans 1983 Makir se vrou Maäka was die moeder van 'n seun met die naam Peres, en sy broer se naam was Seres, en sy seuns was Ulam en Rekem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Magir se vrou, Maäga, het 'n seun in die wêreld gebring, en sy het hom Peres genoem. Sy broer se naam was Seres, en sy seuns was Ulam en Rekem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Makir en sy vrou Maäka het 'n seun gekry, en sy het die seun Peres genoem. Peres se broer was Seres, en Seres se seuns was Ulam en Rekem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Makir se vrou Maäka was Peres se ma. Peres se broer was Seres. Seres se seuns was Ulam en Rekem.