1 Chronicles 7:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die seuns van Manasse; Asriël wat sy gebaar het; maar sy byvrou, die Aramitiese, het Magir, die vader van Gílead, gebaar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die seuns van Manasse by sy Aramese byvrou was Asriël en Makir. Makir was die pa van Gilead. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die seuns van Manasse was Asriël wat sy vrou gebaar het; sy Aramese byvrou het Magir gebaar, die vader van Gílead; |
| Afrikaans 1983 | Nou volg die geslag van Manasse. Sy vrou het Asriël in die wêreld gebring. Sy Aramese byvrou was die moeder van Makir, vader van Gilead. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Manasse se seuns was Asriël, wat deur sy Aramese byvrou in die wêreld gebring is; sy het ook Magir, die vader van Gilead, in die wêreld gebring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Manasse en sy Aramese byvrou was die ouers van Asriël en Makir. Makir was die voorvader van die mense wat in die land Gilead gewoon het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Manasse se kinders by sy Aramese houvrou was Asriël en Makir, Gilead se pa. |