1 Chronicles 7:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Al hierdie seuns van Jedíael, volgens die hoofde van hulle vaders, dapper helde, was sewentienduisend-tweehonderd soldate wat geskik was om uit te trek vir oorlog en geveg.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle was die leiers van die families van Jediael, en tussen hulle afstammelinge was 17 200 manne vir militêre diens beskikbaar.
Afrikaans 1933/1953 Hulle almal, seuns van Jedíael, volgens die hoofde van die families, dapper helde, was sewentien duisend twee honderd wat in die oorlog op kommando moes uittrek.
Afrikaans 1983 Hulle was almal seuns van Jediael. Hulle geslag was ingedeel volgens familiehoofde, en die strydbare manne, altesaam sewentien duisend twee honderd wat vir militêre diens opgeroep kon word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle almal was Jediael se nageslag; volgens die familiehoofde was daar 17 200 dapper krygers wat as 'n leër oorlog toe kon gaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hierdie familie was almal seuns van Jediael en hulle was familiehoofde en hulle was belangrike manne. Hulle was 17 200 manne, en hulle kon oorlog maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Elkeen was ’n familiehoof en hulle was dapper soldate. Uit hulle nageslag was daar 17 200 wat vir militêre diens opgeroep kon word.