1 Chronicles 6:77 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Aan die ander kinders van Merári is uit die stam van Sébulon gegee: Rimmon met sy weiveld, Tabor met sy weiveld.
Afrikaans (NLV) 2011 Die oorblywende afstammelinge van Merari het in die grondgebied van Sebulon die stede van Jokneam, Karta, Rimmon en Tabor, elkeen met sy weivelde, gekry.
Afrikaans 1933/1953 Aan die ander seuns van Merári uit die stam van Sébulon: Rimmóno met sy weiveld, Tabor met sy weiveld;
Afrikaans 1983 Die oorblywende Merariërs het in die stamgebied van Sebulon gekry: Rimmon met sy weivelde en Tabor met syne;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aan die nageslag van Merari wat oorgebly het, het hulle uit die stamgebied van Sebulon gegee Rimmono met sy weiveld, en Tabor met sy weiveld.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Merari-families wat oorgebly het, het die stede Rimmono en Tabor gekry van die Sebulon-stam, saam met die weiveld rondom die stede.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die res van Merari se nageslag het op verskillende plekke stede gekry: in die stamgebied van Sebulon, Rimmon en Tabor met hulle weivelde;