1 Chronicles 6:65 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het deur die lot uit die stam van die kinders van Juda en uit die stam van die kinders van Símeon en uit die stam van die kinders van Benjamin hierdie stede gegee wat op hulle name genoem is.
Afrikaans (NLV) 2011 Die stede in die grondgebiede van Juda, Simeon en Benjamin wat pas genoem is, is almal deur die gewyde lot aangewys.
Afrikaans 1933/1953 hulle het deur die lot uit die stam van die seuns van Juda en uit die stam van die seuns van Símeon en uit die stam van die seuns van Benjamin hierdie stede gegee wat hulle met die naam genoem het.
Afrikaans 1983 Hulle het die stede wat opgenoem is, met die lot toegewys in die stamgebied van die Judeërs, die stamgebied van die Simeoniete en die stamgebied van die Benjaminiete.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het deur die lot hierdie stede wat by die naam genoem word, aangewys uit die stamgebied van Juda se nageslag, uit dié van Simeon se nageslag en uit dié van Benjamin se nageslag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die stamme Juda, Simeon en Benjamin het almal hierdie stede gegee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die stede in die stamgebiede van Juda, Simeon en Benjamin, wat reeds genoem is, is ook met die lot aangewys.