1 Chronicles 6:63 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Aan die seuns van Merári is deur die lot gegee, volgens hulle geslagte, uit die stam van Ruben en uit die stam van Gad en uit die stam van Sébulon, twaalf stede. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die afstammelinge van Merari het deur die gewyde lot twaalf stede gekry in die grondgebied van Ruben, Gad en Sebulon. |
| Afrikaans 1933/1953 | Aan die seuns van Merári volgens hulle geslagte uit die stam van Ruben en uit die stam van Gad en uit die stam van Sébulon deur die lot, twaalf stede. |
| Afrikaans 1983 | Aan die Merarigeslagte het hulle met die lot twaalf stede toegewys in die stamgebiede van Ruben, Gad en Sebulon. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Aan die nageslag van Merari is daar, volgens hulle familiegroepe, twaalf dorpe deur die lot aangewys uit die stamgebied van Ruben, van Gad en van Sebulon. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die families van die nageslag van Merari het twaalf stede gekry van die stamme Ruben, Gad en Sebulon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vir Merari se nageslag het hulle met die lot twaalf stede in die stamgebiede van Ruben, Gad en Sebulon aangewys. |