1 Chronicles 6:62 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En aan die seuns van Gersom volgens hulle geslagte uit die stam van Issaskar en uit die stam van Aser en uit die stam van Náftali en uit die stam van Manasse in Basan, dertien stede. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die afstammelinge van Gerson het in die grondgebied van Issaskar, Aser, Naftali en van die Basangebied van Manasse dertien stede deur die gewyde lot gekry. |
| Afrikaans 1933/1953 | En aan die seuns van Gersom, volgens hulle geslagte, uit die stam van Issaskar en uit die stam van Aser en uit die stam van Náftali en uit die stam van Manasse in Basan, dertien stede. |
| Afrikaans 1983 | Aan die Gersongeslagte het hulle in die stamgebiede van Issaskar, Aser en Naftali en in die stamgebied van Manasse in Basan dertien stede toegewys. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Aan die nageslag van Gersom is daar, volgens hulle familiegroepe, in Basan dertien dorpe aangewys uit die stamgebied van Issaskar, van Aser, van Naftali en van Manasse. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die families van die nageslag van Gersom het 13 stede gekry van die stamme Issaskar, Aser en Naftali en van die Manasse-stam wat in Basan gewoon het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vir Gerson se nageslag het hulle in die stamgebiede van Issaskar, Aser en Naftali en in die stamgebied van Manasse, in Basan, dertien stede aangewys. |