1 Chronicles 6:61 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En aan die seuns van Kehat wat oorgebly het uit die geslag van daardie stam, is stede gegee uit die halwe stam, naamlik uit die halwe stam van Manasse, deur die lot, tien stede. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die oorblywende afstammelinge van Kehat het tien stede in die grondgebied van die halwe stam van Manasse deur middel van die gewyde lot gekry. |
| Afrikaans 1933/1953 | En aan die ander seuns van Kehat uit die geslag van die stam, uit die halwe stam, half Manasse, tien stede deur die lot. |
| Afrikaans 1983 | Aan die oorblywende Kehatgeslagte het hulle met die lot tien stede in die gebied van die halwe Manassestam toegewys. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Aan die nageslag van Kehat, dié wat oorgebly het uit die familiegroep van die stam, is daar deur die lot tien dorpe aangewys uit die stamgebied van die halwe stam, die stam van Manasse. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die ander families van die nageslag van Kehat het tien stede gekry, dit was waar die halwe Manasse-stam gewoon het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vir die res van Kehat se nageslag het hulle met die lot tien stede in die gebied van die halwe Manassestam aangewys. |