1 Chronicles 6:60 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En uit die stam van Benjamin; Geba met sy weiveld, en Alemet met sy weiveld, en Anatot met sy weiveld. Al hulle stede volgens hulle families was dertien stede.
Afrikaans (NLV) 2011 Van die grond van Benjamin is aan hulle gegee: Gibeon, Geba, Alemet en Anatot, elkeen met sy weiveld. So is ’n totaal van dertien stede vir die afstammelinge van Aäron gegee.
Afrikaans 1933/1953 en van die stam van Benjamin: Geba met sy weiveld, en Alémet met sy weiveld, en Anatot met sy weiveld. Al hulle stede in hulle geslagte was dertien stede.
Afrikaans 1983 en in die Benjamingebied ook nog Geba, Alemet en Anatot, elkeen met sy weivelde. Hulle het altesaam dertien stede vir hulle geslagte gehad.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Uit die stam van Benjamin was dit Geba met sy weiveld, Alemet met sy weiveld, Anatot met sy weiveld. Onder hulle familiegroepe was dit altesaam dertien dorpe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Benjamin-stam het vir die Leviete die stede Geba, Alemet en Anatot gegee. Hierdie Leviete-families het almal saam 13 stede gekry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) asook Gibeon, Geba, Alemet en Anatot, met hulle weivelde in die Benjamingebied. Hulle het altesaam dertien stede vir Aäron se nageslag ontvang.