1 Chronicles 6:54 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit is hulle woonplekke in hulle kastele in hulle grondgebied, van die seuns van Aäron, van die geslagte van die Kehatiete; want aan hulle was die lot. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hier is ’n lys van die dorpe en grond wat deur die gewyde lot aan die afstammelinge van Aäron van die Kehatgroep toegeken is. |
| Afrikaans 1933/1953 | En dit was hulle woonplekke volgens hulle laers in hulle grondgebied--aan die seuns van Aäron, aan die geslag van die Kehatiete, want aan hulle was die eerste lot. |
| Afrikaans 1983 | Verder volg nou ook hulle woonplekke volgens hulle tentdorpe in hulle gebied. Omdat die lot hulle aangewys het, is vir die seuns van Aäron, die Kehatgeslag, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is dan hulle woonplekke, volgens kampplekke, op hulle grondgebied: Aan die nageslag van Aäron, dit is die familiegroep van Kehat – die eerste lot het immers op hulle geval – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hier is nou ook die name van die plekke waar die Leviete kon woon. Hulle het hulle eie plekke gekry om te woon. Die families van die nageslag van Kehat seun van Aäron het eerste hulle plekke gekry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hier is ’n verslag van die dorpe en gebiede wat volgens die lot aangewys is vir die nageslag van Aäron, uit die Kehatgroep. |