1 Chronicles 6:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit is hulle wat saam met hulle kinders gewag het. Van die seuns van die Kehatiete: Heman, 'n sanger, die seun van Joël, die seun van Semuel, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hier is die manne wat gedien het, saam met hulle seuns: Heman die sanger was van die Kehatgroep. Sy geslagsregister gaan terug na Joël, Samuel, |
| Afrikaans 1933/1953 | En dit is hulle wat in diens gestaan het saam met hulle seuns: van die seuns van die Kehatiete: Heman, die sanger, die seun van Joël, die seun van Samuel, |
| Afrikaans 1983 | Die volgende manne het die diens verrig saam met hulle seuns: van die Kehatgroep was daar Heman die tempelsanger, seun van Joël seun van Samuel, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hier volg hulle wat dienswerk verrig het, asook hulle nageslagte: Uit die nageslag van Kehat was daar Heman, die tempelsanger, seun van Joël, seun van Samuel, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | [33-38] Hier is die name van die manne wat saam met hulle seuns gesing het: Van die nageslag van Kehat was daar Heman seun van Joël. Heman moes by die tempel sing. Sy voorvaders was Levi seun van Israel, Kehat, Jishar, Korag, Ebjasaf, Assir, Tagat, Sefanja, Asarja, Joël, Elkana, Amasai, Magat, Elkana, Sif, Toag, Eliël, Jerogam, Elkana en Samuel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die tempelmusikante en hulle seuns was: Heman die tempelsanger (uit die Kehatgroep) se familielyn is teruggevoer deur Joël, sy pa, na Samuel, |