1 Chronicles 6:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het gedien voor die woonplek van die tent van samekoms met sang, totdat Salomo die huis van die HERE in Jerusalem gebou het; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In die tabernakel, die tent van ontmoeting, het hulle met musiek gedien totdat Salomo die tempel vir die Here in Jerusalem gebou het. Toe het hulle aangehou met hulle werk, volgens al die regulasies wat aan hulle oorgelewer is. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het as sangers gedien voor die tabernakel van die tent van samekoms, totdat Salomo die huis van die HERE in Jerusalem gebou het; en hulle het in hul dienswerk gestaan volgens hulle ordening. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het ook gesorg vir die sang voor die heiligdom, die tent van ontmoeting, totdat Salomo die huis van die Here in Jerusalem gebou het. Hulle het hulle dienste verrig volgens 'n vaste reëling. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het met sang diens gedoen voor die heiligdom, die Tent van Ontmoeting, totdat Salomo die huis van die Here in Jerusalem gebou het. Hulle het hulle dienswerk verrig soos vir hulle voorgeskryf is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle werk was om te sing voor die tempel-tent, die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het. Hulle het dit daar gedoen totdat Salomo die tempel in Jerusalem gebou het. Hulle het beurte gekry om in die tempel te sing. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Voordat Salomo die tempel in Jerusalem gebou het, moes hulle die sang lei voor die heilige plek, die tent waar die Here sy volk ontmoet het. Hulle het volgens ’n vaste rooster beurte gemaak om die sang te lei. |