1 Chronicles 5:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En na die ooste het hy gewoon tot by die ingang van die woestyn van die Eufraatrivier af, omdat hulle vee baie in die land Gílead was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Omdat hulle so baie vee in die land Gilead gehad het, het hulle na die ooste uitgesprei tot by die rand van die woestyn wat na die Eufraatrivier uitstrek. |
| Afrikaans 1933/1953 | En teen die ooste het hy gewoon tot by die ingang na die woestyn, van die Eufraatrivier af; want hulle vee het baie geword in die land Gílead. |
| Afrikaans 1983 | Na die oostekant toe het hulle gewoon tot teen die woestyn aan die Eufraatrivier, want hulle vee het baie geword in Gilead. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Na die oostekant toe het hulle gewoon tot op die rand van die woestyn, in die rigting van die Eufraatrivier, want hulle vee het baie geword in die land Gilead. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het na die oostekant gewoon tot teen die woestyn wat suid van die Eufraat-rivier is, want hulle skape en bokke het te veel geword in die land Gilead. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In Gilead het hulle vee só baie geword dat hulle al verder oos getrek het tot teen die woestyn wat tot aan die oewers van die Eufraatrivier strek. |