1 Chronicles 5:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sy seun Beëra, wat Tilgat-Pilneser, die koning van Assirië, in ballingskap weggevoer het; hy was owerste van die Rubeniete. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Beëra. Beëra was die leier van die Rubeniete wat deur koning Tiglat-Pileser van Assirië gevange geneem is. |
| Afrikaans 1933/1953 | sy seun Beëra, vir wie Tiglat-Piléser, die koning van Assirië, in ballingskap weggevoer het; hy was 'n vors van die Rubeniete. |
| Afrikaans 1983 | en Beëra vir wie koning Tiglat-Pileser van Assirië gevange weggevoer het. Beëra was 'n heerser oor die stam Ruben. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en dié se seun Beëra, vir wie Tiglat-Pilneser, die koning van Assirië, in ballingskap weggevoer het. Beëra was 'n stamleier van die stam van Ruben. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en Baäl was die pa van Beëra. Beëra was die leier van die Ruben-stam toe koning Tiglat-Pileser van Assirië hom gevang en weggevat het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | en Beëra. Beëra was die leier van die Rubeniete toe hulle deur koning Tiglat-Pileser van Assirië gevang en weggevoer is. |