1 Chronicles 5:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die God van Israel het die gees van Pul, die koning van Assirië, en die gees van Tilgat-Pilneser, die koning van Assirië, opgewek, en hy het hulle weggevoer, naamlik die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse, en hulle na Hala gebring en Habor en Hara en tot by die rivier Gosan, tot vandag toe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom het die God van Israel veroorsaak dat koning Pul van Assirië, ook bekend as Tiglat-Pileser, die land binnegeval het en die Rubeniete, Gadiete en die halwe stam van Manasse as gevangenes weggelei het. Die Assiriërs het hulle in ballingskap na Galag, Gabor, Hara en die Gosanrivier gevat, waar hulle tot vandag toe bly. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom het die God van Israel die gees van Pul, die koning van Assirië, naamlik die gees van Tiglat-Piléser, die koning van Assirië, aangewakker, wat hulle, die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse, in ballingskap weggevoer en hulle gebring het na Halag en Habor en Hara en die rivier van Gosan tot vandag toe. |
| Afrikaans 1983 | Daarom het die God van Israel vir koning Pul van Assirië, dit is Tiglat-Pileser, aangehits, en dié het hulle as krygsgevangenes weggevoer. Hy het die Rubeniete, die Gadiete en die halwe Manassestam verplaas na Galag, Gabor, Hara en die Gosanrivier, waar hulle nou nog is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het die God van Israel die gees van Pul, die koning van Assirië – dit is die gees van Tiglat-Pilneser, die koning van Assirië – aangevuur, en hy het hulle in ballingskap weggevoer, dit is die mense van Ruben, Gad en die halwe stam van Manasse. Hy het hulle na Galag, Gabor, Hara en die rivier van Gosan geneem; dit is vandag nog so. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die God van Israel het vir koning Pul van Assirië laat besluit om die stamme te vang en weg te vat. Koning Pul se ander naam was Tiglat-Pileser. Koning Pul het die mense van die Ruben-stam, die Gad-stam en die halwe Manasse-stam gevang en weggevat na Galag, Gabor, Hara en na die Gosan-rivier. Hulle is nou nog daar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is om dié rede dat die God van Israel vir koning Pul van Assirië (dit is Tiglat-Pileser) gebruik het om die stamme van Ruben, Gad en die halwe Manassestam aan te val en hulle as krygsgevangenes weg te voer. Die Assiriërs het hulle na Galag, Gabor, Hara en die Gosanrivier weggeneem. Hulle is nou nog daar. |