1 Chronicles 5:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het teen die God van hulle vaders oortree en agter die gode van die volk van die land aan gehoereer wat God voor hulle uit verdelg het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar hulle was ontrou aan die God van hulle voorouers. Hulle het die gode aanbid van die volke wat God vernietig het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar hulle het ontrou gehandel teen die God van hulle vaders, en die gode van die volke van die land wat God voor hulle uit verdelg het, agternagehoereer. |
| Afrikaans 1983 | Maar hierdie stamme was ontrou aan die God van hulle voorvaders en het oorgeloop na die gode van die landsbevolking wat ter wille van hulle deur God uitgeroei is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar hierdie stamme was ontrou aan die God van hulle voorouers en het agter die gode van die volke van die land wat God voor hulle uitgeroei het, aan gehoereer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die mense van die stamme was ontrou aan die God van hulle voorvaders, hulle het ander gode gedien, die gode van die volke wat in die land was. God het daardie volke weggevat sodat die stamme van Israel daar kon woon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierdie stamme was nie gehoorsaam aan die God van hulle voorouers nie. Hulle het die gode begin dien van die volke wat God uitgeroei het om vir hulle daar plek te maak. |