1 Chronicles 5:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit was die hoofde van die huis van hulle vaders: Efer en Jisi en Eliël en Asriël en Jeremia en Hodawja en Jagdiël, dapper helde, beroemde manne en hoofde van die huis van hulle vaders. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die leiers van hulle families was: Efer, Jisi, Eliël, Asriël, Jeremia, Hodauja en Jagdiël. Elkeen van hierdie manne het ’n groot reputasie gehad as dapper soldaat en leier. |
| Afrikaans 1933/1953 | En dit was die hoofde van hulle families, naamlik: Efer en Jíseï en Éliël en Asriël en Jeremía en Hodáwja en Jagdíël, manne, dapper helde, manne van naam, hoofde van hulle families. |
| Afrikaans 1983 | Hulle familiehoofde was die volgende: Efer, Jisi, Eliël, Asriël, Jeremia, Hodauja en Jagdiël, almal vermoënde en gesiene manne wat leiers van hulle families was. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die volgende was hulle familiehoofde: Efer, Jisi, Eliël, Asriël, Jeremia, Hodauja en Jagdiël. Die manne was dapper krygers, beroemde manne, hoofde van hulle families. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die leiers van hulle families was Efer, Jisi, Eliël, Asriël, Jeremia, Hodauja en Jagdiël. Hulle was almal belangrike mense. Ander mense het hulle gerespekteer en hulle was die leiers van hulle families. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle familiehoofde was Efer, Jisi, Eliël, Asriël, Jeremia, Hodauja en Jagdiël. Hulle was almal goeie vegters, met ’n goeie naam en leiers van hulle families. |