1 Chronicles 5:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want daar het baie gesneuweldes geval, omdat die oorlog van God was. En hulle het in hulle plek gewoon tot by die ballingskap.
Afrikaans (NLV) 2011 Baie van die Hagareërs is in die oorlog doodgemaak omdat God teen hulle baklei het. Hulle het in hulle land gebly totdat hulle in ballingskap weggevoer is.
Afrikaans 1933/1953 Want baie gesneuweldes het daar gelê, omdat die oorlog van God was; en hulle het in hulle plek gewoon tot die ballingskap toe.
Afrikaans 1983 Daar het bowendien baie mense gesneuwel, want dit was 'n oorlog wat deur God gevoer is. Hulle het toe die verowerde gebied bewoon tot met die ballingskap.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, daar het baie gesneuweldes gelê, omdat die oorlog van God uitgegaan het. Hulle het toe in hulle plek gaan woon tot met die ballingskap.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Baie van die Hagareërs het gesterf, want dit is God wat die oorlog geveg het. Die stamme het gaan woon in die land wat hulle gevat het, en hulle het daar gebly totdat die koning van Babel hulle gevang en weggevat het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) en baie mense is in die gevegte dood, want God het dié oorlog gevoer. Hulle het toe in die verowerde gebied gewoon totdat die ballingskap aangebreek het.