1 Chronicles 5:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle is teen hulle gehelp, en die Hagariete is in hulle hand oorgegee en almal wat by hulle was; omdat hulle op Hom vertrou het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het na God geroep tydens die geveg, en Hy het hulle gebed verhoor omdat hulle op Hom vertrou het. So is die Hagareërs en al hulle bondgenote verslaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | en hulle het hulp gekry teen hulle, en die Hagareners is in hulle hand oorgegee, en almal wat met hulle saam was; want hulle het God aangeroep in die oorlog, en Hy het hulle verhoor, omdat hulle op Hom vertrou het. |
| Afrikaans 1983 | het hulle hulp ontvang en is die Hagareërs en al hulle bondgenote aan hulle onderwerp. Hulle het God in die stryd aangeroep en Hy het hulle verhoor omdat hulle hulle vertroue in Hom gestel het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het hulp ontvang teen hierdie mense, en die Hagareërs en almal wat by hulle was, is in hulle hand gegee, omdat hulle in die geveg na God om hulp geroep het. Hy het hulle smeekbedes verhoor, omdat hulle op Hom vertrou het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het tot God gebid in die oorlog, en Hy het geluister na hulle gebed omdat hulle geglo het dat Hy hulle sal help. God het hulle gehelp en Hy het hulle laat wen teen die Hagareërs en almal wat saam met die Hagareërs was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | het hulle tot God gebid en hulp ontvang. Hy het hulle gehelp omdat hulle in Hom geglo het en hulle het die Hagareërs en almal wat aan die Hagareërs se kant was, oorwin. |