1 Chronicles 5:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want Juda het die oorhand gekry bo sy broers, en uit hom het die hoofowerste gekom; maar die eersgeboortereg was Josef s'n:)
Afrikaans (NLV) 2011 Juda se afstammelinge het die sterkste stam geword en die regeerder vir die nasie verskaf, maar die eersgeboortereg het aan Josef behoort.
Afrikaans 1933/1953 want Juda was sterk onder sy broers, en uit hom het een 'n vors geword, maar die eersgeboortereg het Josef gehad--
Afrikaans 1983 Juda het wel oor sy broers gesag verkry, en uit hom het die koning voortgekom, maar Josef het die rang van oudste seun gehad.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Alhoewel Juda sy broers se meerdere was en iemand as 'n leier uit hom aangewys is, het die eersgeboortereg aan Josef behoort.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit was Juda wat die belangrikste van die broers geword het, en die koning het uit die Juda-stam gekom, maar dit was Josef wat die regte van die oudste seun gekry het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die stam van Juda het wel die sterkste een van al die stamme geword en ’n leier vir die volk opgelewer, maar Josef het steeds die rang van oudste seun gehad.