1 Chronicles 5:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die seuns van Ruben en die Gadiete en die helfte van die stam van Manasse, van dapper manne, manne wat wapen en swaard kon dra en met boog skiet en bekwaam in oorlog was, was vier en veertig duisend sewe honderd en sestig, uitgegaan na die oorlog.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar was 44 760 vaardige soldate in die leër van Ruben, Gad en die halwe stam van Manasse. Hulle was almal vaardig en ervare in die oorlog, gewapen met skild, swaard en boog.
Afrikaans 1933/1953 Van die seuns van Ruben en Gad en die halwe stam van Manasse, naamlik van die helde, manne wat skild en swaard dra en die boog span en ervare is in die oorlog, was daar vier en veertig duisend sewe honderd en sestig wat op kommando moes uittrek.
Afrikaans 1983 Van die Rubeniete, Gadiete en die halwe Manassestam was vier en veertig duisend sewe honderd en sestig weerbare manne, vegsmanne met skild en swaard gewapen, boogskutters en opgeleide vegters.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wat die nageslag van Ruben, Gad en die halwe stam van Manasse betref – onder die onverskrokke manne wat 'n skild en swaard kon dra, 'n boog kon span en ervaring in oorlogvoering gehad het, was daar vier-en-veertigduisend sewehonderd-en-sestig man wat met die leër kon uittrek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was 44 760 manne van die Ruben-stam, die Gad-stam en die halwe Manasse-stam wat oorlog kon maak. Party manne het skilde en swaarde gedra, party het met pyl en boog geskiet. Hulle het goed geleer om oorlog te maak,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Rubeniete, Gadiete en die halwe Manassestam het 44 760 weerbare manne gehad. Hulle was goed opgeleide soldate wat met skild en swaard en pyl en boog gewapen was.