1 Chronicles 5:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En in die dae van Saul het hulle oorlog gevoer teen die Hagariete wat deur hulle hand geval het, en hulle het in hul tente gewoon in die hele oostelike land van Gílead. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In die tyd toe Saul koning was, het die Rubeniete die Hagareërs in die oorlog verslaan. Hulle het toe in die Hagareërs se dorpies gaan bly, al langs die oostelike kant van Gilead. |
| Afrikaans 1933/1953 | En in die dae van Saul het hulle oorlog gevoer met die Hagareners, en toe dié in hulle hand geval het, het hulle in hulle tente gewoon aan die hele oostekant van Gílead. |
| Afrikaans 1983 | In Saul se tyd het hulle 'n aanval gemaak op die Hagareërs, hulle verslaan en in hulle nedersettings gaan woon in die hele oostelike deel van Gilead. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In Saul se tyd het hulle oorlog gemaak teen die Hagareërs wat deur hulle hand gesneuwel het. Hulle het toe in hulle tente gaan woon in die hele gebied oos van Gilead. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | In die tyd toe Saul koning was, het die Ruben-stam oorlog gemaak teen die Hagareërs. Hulle het die Hagareërs oorwin en in hulle woonplekke gaan woon in die hele oostekant van die land Gilead. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In Saul se tyd het hulle die Hagareërs aangeval en verslaan. Hulle het toe in die dorpies gaan woon wat hulle oorwin het. Dit was die hele oostelike deel van Gilead. |