1 Chronicles 5:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel, want hy was die eersgeborene; maar omdat hy sy vader se bed verontreinig het, is sy eersgeboortereg aan die seuns van Josef, die seun van Israel, gegee; die geboortereg.
Afrikaans (NLV) 2011 Die oudste seun van Israel was Ruben. Hy het nie sy pa gerespekteer nie en by een van sy pa se byvroue geslaap. Daarom is sy geboortereg aan die seuns van sy broer Josef gegee en word hy nie in die geslagsregister as die eersgebore seun vermeld nie.
Afrikaans 1933/1953 En die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel--want hy was die eersgeborene; maar omdat hy die bed van sy vader ontheilig het, is sy eersgeboortereg aan die seuns van Josef, die seun van Israel, gegee, maar hy moes nie in die geslagsregister volgens die eersgeboortereg aangegee word nie;
Afrikaans 1983 Ruben was die oudste seun van Israel, maar omdat hy bloedskande gepleeg het met 'n vrou van sy pa, is sy rang van oudste seun oorgedra op die seuns van Josef seun van Israel, en daarom word Ruben nie as oudste in die geslagsregister opgeneem nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wat die nageslag van Ruben, die eersgeborene van Israel betref – ja, hy was die eersgeborene, maar toe hy sy vader se slaapplek ontheilig het, is sy eersgeboortereg aan die seuns van Josef, seun van Israel, gegee en word hy nie volgens die eersgeboortereg in die geslagsregister opgeneem nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ruben was die oudste seun van Israel, maar hy het sy pa se bed onrein gemaak. Daarom het sy pa die regte van die oudste seun vir die seuns van Josef seun van Israel gegee. Daarom is Ruben se naam nie eerste in die naamlys geskryf nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ruben was Israel se oudste seun. Nadat hy egter by een van sy pa se vroue geslaap het, is die status en voorregte wat hy as oudste seun gehad het, oorgedra op die seuns van Josef, Israel se seun. Hy is nie meer as die oudste seun gereken nie.