1 Chronicles 4:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jabes was meer geëer as sy broers, en sy moeder het hom Jabes genoem en gesê: Omdat ek hom met droefheid gebaar het.
Afrikaans (NLV) 2011 Jabes was meer geëerd as sy broers. Sy ma het hom Jabes genoem omdat sy geboorte so pynlik was.
Afrikaans 1933/1953 En Jabes was meer geëerd as sy broers; en sy moeder het hom Jabes genoem en gesê: Ek het met smart gebaar.
Afrikaans 1983 Jabes het voorrang geniet bo sy broers. Toe sy ma hom die naam Jabes gegee het, het sy gesê: “Ek het hom met smart in die wêreld gebring.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jabes is hoër geag as sy broers; sy moeder het hom die naam Jabes gegee en gesê: “Dit is omdat ek hom met smart in die wêreld gebring het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jabes was belangriker as sy broers. Sy ma het hom Jabes genoem. Sy het gesê: “Ek gee hierdie naam vir hom omdat ek baie pyn gehad het toe hy gebore is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jabes was belangriker as sy broers. Sy ma het hom Jabes genoem omdat sy geboorte so pynlik was.