1 Chronicles 4:42 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sommige van hulle, uit die seuns van Símeon, vyf honderd man, het na die berg Seïr gegaan, met Pelatja en Nearja en Refaja en Ussiël, die seuns van Jisi, as owerstes. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | 500 van hierdie invallers van die stam van Simeon het na Seïrberg getrek, gelei deur Pelatja, Nearja, Refaja en Ussiël, almal seuns van Jisi. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook het van hulle, van die seuns van Símeon, vyf honderd man getrek na die gebergte Seïr; en Pelátja en Neárja en Refája en Ussiël, die seuns van Jíseï, was aan hulle hoof. |
| Afrikaans 1983 | Verder het van hulle, dit is van die Simeoniete, vyf honderd man na Seïrberg toe getrek. Aan hulle hoof was Pelatja, Nearja, Refaja en Ussiël, seuns van Jisi. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sommige van hulle, uit die nageslag van Simeon, het na Seïrberg toe getrek – vyfhonderd man met Pelatja, Nearja, Refaja en Ussiël, die seuns van Jisi, aan die hoof daarvan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was 500 manne van die Simeon-mense wat na die Seïr-berge gegaan het. Hulle leiers was Pelatja, Nearja, Refaja en Ussiël seun van Jisi. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Verder het ’n groep van 500 Simeoniete na Seïrberg toe getrek. Hulle leiers was Pelatja, Nearja, Refaja en Ussiël, almal seuns van Jisi. |