1 Chronicles 4:41 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hierdie wat met die naam geskrywe is, het gekom in die dae van Hiskía, die koning van Juda, en hulle tente verslaan en die woonplekke wat daar gevind is, en hulle met die banvloek getref tot vandag toe en in hulle kamers gewoon, omdat daar weiveld was vir hulle kleinvee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar gedurende die regering van koning Hiskia van Juda het die leiers van Simeon die gebied binnegeval en hulle het die huise van die afstammelinge van Gam en van die Meüniete as banoffer volledig vernietig. Hulle het almal doodgemaak wat daar gebly het en die land vir hulleself gevat, want hulle het die goeie weiveld vir hulle kuddes nodig gehad. |
| Afrikaans 1933/1953 | en die wat hier met hulle naam beskrywe is, het in die dae van Hiskía, die koning van Juda, gekom en hulle tente verslaan, en ook die Meüniete wat daar gevind is; en hulle het hul met die banvloek getref tot vandag toe; en hulle het in hulle plek gaan woon; want daar was weiveld vir hulle kleinvee. |
| Afrikaans 1983 | maar in die tyd van koning Hiskia van Juda het hierdie mense wie se name in die lys opgeneem is, daar ingetrek en die nedersettings van Gam verslaan, asook die Meüniete wat daar te vinde was. Die Simeoniete het hulle heeltemal uitgewis en in hulle plek gaan woon, want daar was weiveld vir die Simeoniete se kleinvee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | het hierdie mense, wie se name opgeteken is, in die tyd van Hiskia, die koning van Juda, daar aangekom en die tente en die waterbronne wat daar te vinde was, verwoes. Die mense van Simeon het hulle met die banvloek getref; dit is vandag nog so. Hulle het in hulle plek gaan woon, want daar was weiding vir hulle kleinvee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | maar in die tyd toe koning Hiskia van Juda regeer het, het hierdie mense van die Simeon-stam daarnatoe gekom, hulle name was geskryf in die naamlys. Hulle het die Gam-mense oorwin en hulle woonplekke gevat. Hulle het ook die Meüniete oorwin wat hulle daar gekry het. Hulle het al die mense doodgemaak en hulle het daar gaan woon in die Meüniete se plek, want daar was weiveld vir hulle skape en bokke. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In koning Hiskia van Juda se tyd het die afstammelinge van Simeon wie se name op die lys staan, in die gebied ingetrek. Hulle het die gebied heeltemal ingeneem. Hulle het die afstammelinge van Gam, asook die Meüniete wat daar te vind was, verslaan. Die Simeoniete het die vorige inwoners heeltemal uitgewis en die land in besit geneem, want hulle wou die weiveld vir hulle kleinvee hê. |