1 Chronicles 4:40 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het vet en goeie weiveld gevind, en die land was wyd en stil en rustig; want hulle van Gam het van ouds daar gewoon.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het goeie weiveld daar gekry, en die land was ruim, rustig en stil. Party van Gam se afstammelinge het vroeër daar gebly.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het geil en goeie weiveld gevind, en die land was na alkante toe wyd en stil en rustig, want mense van Gam het daar tevore gewoon;
Afrikaans 1983 en hulle het geil en goeie weiveld gekry. Die wêreld was oop na alle kante toe en ook rustig en stil. Mense van Gam het tevore daar gewoon,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het geil en goeie weiveld gekry, en die gebied was wyd oop na albei kante, rustig en vreedsaam. Omdat dit van Gam se mense was wat voorheen daar gewoon het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en hulle het vrugbare grond en goeie weiveld gekry. Die land was oop na al die kante toe en dit was stil en veilig. Voorheen het mense van die land Gam daar gewoon,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het goeie, geil weiveld gekry. Die wêreld daar was na alle kante toe oop en vry en dit was ’n rustige en stil omgewing. Voorheen het ander mense daar gewoon.