1 Chronicles 4:39 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het na die ingang van Gedor gegaan, tot aan die oostekant van die dal, om weiveld vir hulle kleinvee te soek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het tot by die ingang na Gedor getrek, in die oostelike deel van die dal, op soek na weiveld vir hulle kleinvee. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het getrek tot by die ingang na Gedor, tot oostelik van die dal, om weiveld vir hulle kleinvee te soek. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het getrek tot by die ingang van Gedor, oos van die laagte, op soek na weiveld vir hulle kleinvee, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en hulle het getrek na die ingang van Gedor, tot aan die oostekant van die vallei om weiveld vir hulle kleinvee te soek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het getrek tot naby die stad Gedor, oos van die vallei. Hulle het weiveld gesoek vir hulle skape en bokke, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op soek na weiveld vir hulle kleinvee het hulle ooswaarts in die vallei tot by Gedor getrek. |