1 Chronicles 4:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Símeï het sestien seuns en ses dogters gehad; maar sy broers het nie baie kinders gehad nie, en hulle hele geslag het nie vermeerder soos die kinders van Juda nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Simi het sestien seuns en ses dogters gehad, maar nie een van sy broers het groot families gehad nie. Daarom het die stam van Simeon nooit so groot soos die stam van Juda geword nie.
Afrikaans 1933/1953 En Símeï het sestien seuns en ses dogters gehad; maar sy broers het nie baie seuns gehad nie; en hulle hele geslag het nie so vermeerder soos die seuns van Juda nie.
Afrikaans 1983 Simi het sestien seuns en ses dogters gehad, maar sy broers het nie baie kinders gehad nie, en al hulle geslagte saam was daarom nie soveel as dié van die Judeërs nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Simi het sestien seuns en ses dogters gehad, maar sy broers het nie baie kinders gehad nie. Wat al hulle familiegroepe betref, hulle het nie so vermeerder soos die nageslag van Juda nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Simeï het 16 seuns en ses dogters gehad, maar sy broers het nie baie kinders gehad nie. Hulle families almal saam was minder as die nageslag van Juda.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Simi het sestien seuns en ses dogters gehad, maar sy broers het nie baie kinders gehad nie. Daarom was die stam van Simeon nooit so groot soos die stam van Juda nie.