1 Chronicles 4:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit was die pottebakkers en die wat tussen plante en heinings gewoon het: daar het hulle by die koning gewoon vir sy werk.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle was die pottebakkers wat in Netaïm en Gedera gewoon het. Hulle het vir die koning gewerk.
Afrikaans 1933/1953 Hulle was die pottebakkers en die inwoners van Netáim en Gedéra; daar het hulle gebly by die koning in sy diens.
Afrikaans 1983 Hierdie mense was die pottebakkers wat in Netaïm en Gedera by die koning gewoon het. Hulle het daar gewoon omdat hulle in sy diens was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle was die pottebakkers en die inwoners van Netaïm en Gedera. In diens van die koning het hulle daar gewoon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hierdie mense was pottebakkers wat in die stede Netaïm en Gedera gewoon het. Hulle het vir die koning gewerk, daarom het hulle daar gewoon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle was pottebakkers en het in Netaïm en Gedera gebly, waar hulle in die koning se diens was.