1 Chronicles 4:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | en Jokim en die manne van Koseba en Joas en Saraf wat in Moab en Jasubilehem geheers het. En dit is ou dinge. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jokim en die mense van Koseba, Joas en Saraf, wat oor Moab en Jasubi-Legem geheers het. Hierdie name kom almal uit antieke rekords. |
| Afrikaans 1933/1953 | verder Jokim en die manne van Koséba en Joas en Saraf--hulle wat oor Moab geheers het--en Jasubi-Léhem; maar die geskiedenisse is oud. |
| Afrikaans 1983 | Verder was daar nog Jokim en die mense van Koseba, asook Joas en Saraf wat in Moab gesag gevoer het, en Jasubi-Legem. Hierdie lyste kom uit 'n ou oorlewering. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | dan ook Jokim en die mense van Koseba, Joas en Saraf wat in Moab vroue gehad het, maar na Betlehem teruggekeer het. Hierdie oorlewerings is oud. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sela se ander seuns was Jokim en Koseba, Joas, Saraf en Jasubi-Legem. Die land Moab het aan Saraf behoort. Al hierdie name was in ou lyste van families se name. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jokim en die mense van Koseba, asook Joas en Saraf wat in Moab regeer het, en Jasubi-Legem. Hierdie is baie ou oorlewerings. |