1 Chronicles 4:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die seuns van Sela, die seun van Juda, was: Er, die vader van Leka, en Laada, die vader van Marésa, en die families van die huis van die wat fyn linne bewerk het, van die huis van Asbea,
Afrikaans (NLV) 2011 Sela was een van Juda se seuns. Die afstammelinge van Sela was Er, die pa van Leka, Lada, die pa van Maresa, die families van linnewewers van Bet-Asbea,
Afrikaans 1933/1953 Die seuns van Sela, die seun van Juda was: Er, die vader van Lega, en Láeda, die vader van Marésa, en die geslagte van die huis van die linnewewers van die huis van Asbéa;
Afrikaans 1983 Uit die geslag van Sela seun van Juda was daar Er vader van Leka, en Lada vader van Maresa, en die linnewerkersgildes van Bet-Asbea.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die nageslag van Sela, Juda se kleinseun, was Er, die stigter van Leka; Lada, die stigter van Maresa, en die familiegroepe, die werkersgilde van fyn linne, van Bet-Asbea;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sela was die seun van Juda, en Sela se seuns was Er en Lada. Er was die voorvader van die mense van Leka. Lada was die voorvader van die mense van die stad Maresa en van die families wat met linne gewerk het, hulle was van die stad Bet-Asbea.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sela was ’n seun van Juda. Sela se nageslag was Er (die grondlegger van Leka), Lada (die grondlegger van Maresa), die families van linnewerkers van Bet-Asbea,