1 Chronicles 4:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy vrou Juda het Jered gebaar, die vader van Gedor, en Heber, die vader van Sogo, en Jekutiël, die vader van Sanóag. En dit is die seuns van Bitía, die dogter van Farao, wat Mered geneem het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mered se Egiptiese vrou se naam was Bitja, en sy was ’n Egiptiese prinses. Mered het ook met ’n vrou van Juda getrou wat die ma geword het van Jered, die pa van Gedor, Geber, die pa van Soko, en Jekutiël, die pa van Sanoag. |
| Afrikaans 1933/1953 | En sy Joodse vrou het gebaar: Jered, die vader van Gedor, en Heber, die vader van Sogo, en Jekútiël, die vader van Sanóag. |
| Afrikaans 1983 | Mered se Judese vrou was die moeder van Jered vader van Gedor, Geber vader van Soko, en Jekutiël vader van Sanoag. Die ander was seuns van Bitja, 'n farao se dogter met wie Mered getroud was. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy Judese vrou het Jered, die stigter van Gedor, Geber, die stigter van Sogo, en Jekutiël, die stigter van Sanoag, in die wêreld gebring. Die ander was die seuns van Bitja, die dogter van die farao, met wie Mered getroud was. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mered en sy Judese vrou was die ouers van Jered, Heber en Jekutiël. Jered was die voorvader van die mense van Gedor, Heber was die voorvader van die mense van Soko, en Jekutiël was die voorvader van die mense van Sanoag. Die ander seuns van Mered was kinders van sy vrou Bitja. Bitja was 'n dogter van die farao. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mered is ook met ’n Judese vrou getroud en hulle kinders was Jered (die grondlegger van Gedor), Geber (die grondlegger van Soko) en Jekutiël (die grondlegger van Sanoag). Mered se Egiptiese vrou, Bitja, was ’n dogter van die farao. |