1 Chronicles 4:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Jabes het die God van Israel aangeroep en gesê: Ag, as U my waarlik wou seën en my gebied uitbrei, en dat u hand met my kan wees en dat U my van die kwaad sou bewaar, dat dit my nie bedroef nie! En God het hom gegee wat hy gevra het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy was die een wat tot die God van Israel gebid en gesê het: “Laat u seën op my rus en vergroot my grond! Wees asseblief met my in alles wat ek doen, en bewaar my van moeilikheid en pyn!” En God het sy versoek gehoor en dit gedoen. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Jabes het die God van Israel aangeroep en gesê: As U my ryklik seën en my grondgebied vermeerder en u hand met my sal wees en U die onheil afweer, sodat my geen smart tref nie! En God het laat kom wat hy begeer het. |
| Afrikaans 1983 | Jabes het die God van Israel aangeroep met die woorde: “Stort u seën oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my onder u beskerming en weerhou onheil van my sodat geen smart my tref nie.” God het laat gebeur wat hy gevra het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jabes het die God van Israel aangeroep: “As U my tog maar net sal seën, my grondgebied sal vergroot en as u hand by my sal wees! Weerhou onheil van my, sodat ek nie smart ervaar nie.” God het toe laat gebeur wat hy gevra het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jabes het tot die God van Israel gebid en gesê: “Ek bid dat U my baie sal seën en dat U baie grond vir my sal gee. Ek bid dat U my sal beskerm, sodat dit nie sleg sal gaan met my nie en sodat ek nie sal seerkry nie.” God het alles laat gebeur wat Jabes gevra het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jabes het in ’n gebed met Israel se God gepraat: “Seën my tog, maak my grondgebied groter, hou u hand oor my en hou onheil van my af weg, sodat geen hartseer my tref nie.” God het vir hom gegee wat hy gevra het. |