1 Chronicles 3:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hierdie ses is vir hom in Hebron gebore; en daar het hy sewe jaar en ses maande geregeer, en in Jerusalem het hy drie en dertig jaar geregeer.
Afrikaans (NLV) 2011 Hierdie ses seuns is vir Dawid in Hebron gebore waar hy sewe en ’n half jaar regeer het. In Jerusalem het hy ’n verdere 33 jaar regeer.
Afrikaans 1933/1953 Ses is vir hom in Hebron gebore waar hy sewe jaar en ses maande geregeer het; en drie en dertig jaar het hy in Jerusalem geregeer.
Afrikaans 1983 Dié ses is vir hom in Hebron gebore, waar hy sewe jaar en ses maande lank koning was. In Jerusalem was hy drie en dertig jaar lank koning.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ses seuns is vir hom in Hebron gebore, en hy het sewe jaar en ses maande lank daar as koning geheers. Hy het drie-en-dertig jaar lank as koning geheers in Jerusalem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is die ses seuns van Dawid wat in Hebron gebore is. Dawid was sewe jaar en ses maande lank koning in Hebron, en hy was 33 jaar lank koning in Jerusalem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dié ses is in Hebron gebore, terwyl Dawid vir sewe jaar en ses maande daar koning was. Dawid is toe na Jerusalem, waar hy 33 jaar lank koning was.